SIXIES 1916
HTS Ficksburg
Geskiedenis:
’n SAMEVATTING van die geskiedenis van die Hoërskool Ficksburg/Hoër Tegniese Skool Ficksburg sedert 1874
1874 – 1878
Eerste onderwysers en hoof tot 1879: Willem Beukes. Eerste skoolgebou: 1878; ná Anglo-Boereoorlog gesloop.
In 1879 was daar 15 leerlinge.
Ná die Anglo-Boereoorlog
Skool in ’n tent en in die stadsaal.
Skoolhoof: Mnr. Webber en drie vroue-assistente. Skool, later bekend as die Hoër Tegniese Skool, word gebou. Nuwe skool op huidige laerskoolterrein word gebou.
1914
Mnr. Alex Morrison word skoolhoof. Vier hoërskoolonderwysers en 13 laerskoolonderwysers. Een van die leerlinge: CR Swart, later staatspresident.
1915
Morrison-koshuis vir seuns word in gebruik geneem.
1916
Nywerheidsafdeling van die skool word geskei om as afsonderlike skool voort te gaan met mnr. P.G. Vermooten as hoof.
1920
Die Nywerheidskool word nou die Ambagskool genoem.
1925
Die Unie-onderwysdepartement neem die Ambagskool oor.
1917
Mnr. S.H. Pellisier word skoolhoof aan die hoërskool. Die Troskie-koshuis vir meisies word gebou.
1921
Die middelbare en primêre afdelings word geskei om as afsonderlike skole te funksioneer.
1922
Die sandsteengeboue van die skool wat teen R39 000 opgerig is en die huidige Pellissier-kunsgalery word as skoolsaal in gebruik geneem. Die skoolsaal is ontwerp met panele en ’n fries. Pierneef het sy eerste werkopdrag ontvang om San-skilderye hier aan te bring. In dieselfde jaar verskyn die eerste jaarblad.
1925
Die Hoërskool Ficksburg was die grootste hoërskool in die omgewing en die tweede grootste hoërskool in die Vrystaat. Die skool het met 281 leerlinge gespog. Net Grey-kollege was groter met een leerling.
1928
Huidige skoolwapen met Soutkop en die koringgerf, asook die leuse Luncta luvant, word in gebruik geneem.
Mnr. Andrew Marquard, skoolhoof, skryf die woorde van die huidige skoollied en dit word deur mev. Marquard getoonset.
1929
Die Pellissia-koshuis word amptelik in gebruik geneem. ’n Maagkoors-epidemie breek in die koshuis uit en drie leerlinge sterf.
1936
Die blou-en-wit kleure van die skool word geregistreer hoewel dit reeds 22 jaar in gebruik is.
1944
Mnr. D.H.P. Jacobs word hoof van die Hoër Tegniese Skool soos die Ambagskool verder bekend sou staan. Die amptelike kleure van die skool word donkerblou, ligblou en rooi. Veranderings vind plaas aan die skoolwapen en die nuwe leuse is Vorentoe. Die vaandel hang in die voorportaal.
1950
’n Geseënde rugbyjaar vir die Hoërskool Ficksburg. Wen Fichardt-, De Jager- en Fischer-skilde.
1952
’n Brand lê die Pellissier-koshuis in puin, gelukkig sonder enige lewensverlies.
1955
Huis Fouché word in gebruik geneem. St. 6 word by die hoërskole ingelyf.
1965
Mnr. W. du Toit word skoolhoof.
1965
Huidige werkwinkels word by die HTS-terrein in gebruik geneem. Die Vrystaatse onderwysdepartement neem die HTS oor.
1969
Die Andrew Marquard-skoolsaal en nuwe geboue van die huidige laerskool word in gebruik geneem.
1985
Mnr. C.N. (Niel) Humphreys word skoolhoof.
1986
Die HTS betrek die nuwe geboue bokant die treinspoor waar die hoërskool vandag is.
1992
Die hoërskool en HTS amalgameer onder leiding van die Vrystaatse onderwysdepartement. Die skool staan bekend as die Hoërskool Ficksburg en die kleure en wapen word behou. Die nuwe skool word in die HTS se geboue gehuisves.
1993
Ná 77 jaar smelt die skole saam met Niel Humphreys as skoolhoof.
1994
Die Hoërskool Clocolan amalgameer met die Hoërskool Ficksburg.
1995
Sedert 1995 het die skool sy huidige multi-kulturele leerlingsamestelling. . Feite uit ’n skooljaarblad volgens ’n boek deur P. van Rhijn en A. Klopper.