top of page
Martin Labuschagne skryf - 
 

Ja nee die koeistal was ‘n groot storie.

Daar was ‘n las in die middle van die vloer en dan het die ouens wat mekaar uitgedaag het aan weerskante van die las gestaan en dan het die een vir die ander gesê “Ok trap jy eerste oor” “nee trap jy eerste oor en as die een oortrap dan donner hulle mekaar, maar die gevegte het nie te lank geduur nie.


Een van die lekkerste Koeistal stories:

Aan die begin van die jaar het almal mos nou byname gekry dan moes jy op ‘n stoel op die verhoog staan en skree “Dit roof se naam is " en dan roep jy die naam wat die seniors jou gegee het kliphard voor die saal uit.

So was daar die een ou saam met ons, kan nie sy regte naam onthou nie maar sy bynaam was Useless.

Hoe hy aan sy naam gekom het was soos volg: Toe hy op die verhoog stap en op die stoel klim en skree “Dit roof se naam is... is.... is... (vergeet hy toe die naam wat hulle hom gegee het) en iemand skree vir hom “Man, jy’s useless” toe skree hy waaragtig "USELESS!!"

En so het hy sy naam gekry.

Nou hy was ‘n stil terug getrokke ou waarmee baie gek geskeer het en die eerste span slot ou Bok gee hom toe moeilikheid en hy strip hom en daag vir Bok uit vir ‘n fight. Almal was stomgeslaan want Bok gaan hom vermoor. Groot was die verbasing toe Useless vir Bok goed opdonner. Daarna het almal baie respek vir Useless gehad.

Maar ou Useless ‘n baie goeie ou siel was ook maar baie in die moeilikheid. Ons het altyd koringbier of pynappelbier gebrou in die koshuis en ou Useless besluit toe hy gaan Kersiebier probeer maak maar los dit toe in ‘n metaal blik oor die naweek in die koshuis. Daardie Maandag het dit toe al so gegis dat dit alkohol was en toe raak ou Useless so gesuip daarvan dat hy in die hospital beland. Toe Piet Kol in die hospital kom was ou Useless natuurlik nog kwaai gekoring, of liewer gekersie, en het hy nou vir Piet Kol die leviete voorgelees.

Kan nie onthou wat Piet Kol se reaksie was nie.

 

En nog...

 

Ja en dan is daar natuurlik baie staaltjies tussen ons te vertel word. Hannes was die stoutste en ek dink hy het gespog met ‘n 65 houe in die kantoor een jaar, van die hoogste ooit. Een aand, sal dit nooit vergeet nie, het Hannes en sy pelle gaan kersies gaan steel. Daardie tyd het ons op die aapkas (die laaste treintrok) geklim en by die plase afgeklim om kersies te steel. Die een spesifieke aand was hulle toe ook weg om kersies te steel toe skiet die boer op hulle met donshael. Almal het geskok teruggekom maar Hannes was nie by nie. Toe worry ons. Ek was Hoofseun (1978 -hoopeloos te voorbeeldig) en is toe baie bekommerd oor my broer. Later die aand kom hy toe met bokse kersies daar aan. Vra hom toe waar hy was? Hy sê toe julle is stupid julle moet na die stoor gaan waar die kersies reeds vir julle gepluk is en die boer sal nie verwag dat iemand so verwaend is om sommer bokse te gaan haal nie.

Quentin was die sterk een wat vir Vrystaat geboks het. Hy het vir enige iemand kansgesien. Daar was een spesifieke jaar ‘n belhamel in die skool wat baie sterk was en al die kleintjies geboelie het. Die hoofseun van daardie jaar vra toe vir Quentin, wat baie kleiner as die belhamel was of hy vir hom kans sien. Hulle reel toe die geveg in die koeistal, weet nie of dit nog in jou tyd daar was nie. Quentin besef toe hy sal moet eerste en hard slaan. Hy slaan toe met een hou die belhamel se kakebeen mors af. Nou ja toe moet hy natuurlik die volgende dag in Piet Kol se kantoor wees. Piet Kol het eers gemaak of hy die moer in is, maar steek toe sy hand uit en bedank vir Quentin waarna hy die stoel ses houe gegee het net sodat dit geklink het of hy vir Quentin pakslae gee.

In 1978 het ons natuurlik almal behalwe Grey College platgeloop (gelykop teen Bloem Tech) in die rugby maar ons het Innus van Rooyen, senter (die vinnigste 100m atleet in die land) en Abe de Villiers, vleuel (een van die vinnigste 400m atlete in die land) in ons agterlyn gehad en daardie tyd kon jy nog vir die skool speel al was jy ouer as 19 jaar. So het dit dan toe ook gebeur dat ons Flash (vleuel) en Bok (slot) se 21ste verjaarsdae daardie jaar gevier het.

Interessante Stories

bottom of page